Bible Society of South Africa

1 Timoteus: Beoogde lesers

Die eerste brief aan Timoteus is een van die “pastorale briewe”. Volgens die inleiding is hierdie briewe gerig aan Paulus se nabye medewerkers: Timoteus en Titus. Maar hierdie briewe het altyd ’n geslag leermeesters ná Paulus in die oog. Dit is duidelik uit die sake waaraan aandag gegee word in die briewe.

Raad aan die leiers in die gemeenskappe

Hierdie leermeesters bied leierskap aan die gemeenskappe, maar hulle kan nie (langer) vir advies vra van Paulus en sy medewerkers nie. Daar word duidelike riglyne aan hulle verskaf in die pastorale briewe. Hoewel die persoonlike waarskuwings en advies oënskynlik vir Timoteus en Titus bedoel is, is dit in werklikheid vir die leiers in die gemeenskappe bedoel (bv 1 Timoteus 4:11-16; 2 Timoteus 3:14-17; Titus 2:7-8).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS