Bible Society of South Africa

1 Timoteus: Outeurskap en datering

Die eerste brief aan Timoteus is waarskynlik nie deur Paulus self geskryf nie, maar deur een van sy volgelinge. Indien die brief nie van Paulus afkomstig is nie, is dit aan die einde van die eerste of die begin van die tweede eeu geskryf.

Pastorale briewe van Paulus?

Die eerste brief aan Timoteus staan bekend as een van die drie “pastorale briewe”. Hierdie briewe bevat verskeie voorskrifte ten opsigte van die pastorale beleid vir leiers van die Christelike gemeenskappe. Die pastorale briewe is vermoedelik deur Paulus geskryf en gerig aan een van Paulus se medewerkers: in hierdie geval aan Timoteus, wat in Efese gebly het.
Histories gesproke is dit waarskynlik nie korrek om te beweer dat Paulus die briewe geskryf het nie, omdat:

  • die pastorale briewe ten opsigte van woordgebruik en styl van die “ware” briewe van Paulus afwyk;
  • die pastorale briewe tyd in die gevangenis veronderstel, wat moeilik versoen kan word met die ander tydperke in die Nuwe Testament;
  • daar melding gemaak word van gebeure in die gemeenskappe wat nie eie aan Paulus se tyd was nie.

ʼn Volgeling van Paulus?

Dit is waarskynlik dat een van Paulus se volgelinge hierdie briewe geskryf het, selfs dekades na Paulus se dood. Hierdie volgeling het dit gedoen omdat daar ’n meningsverskil oor die betekenis van Paulus se siening van geloof was. Deur onder Paulus se naam te skryf, kon die volgeling hom voordoenas ʼn kenner. Dit het ook algemeen voorgekom onder filosofiese skole uit daardie tyd vir volgelinge om ná die leermeester se dood, briewe onder sy naam te skryf. Dit het hulle gehelp om antwoorde te verskaf op omstrede vrae en om raad te bied tov heersende vraagstukke.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS