Bible Society of South Africa

1 Timoteus: Struktuur

Die eerste brief aan Timoteus bevat verwysings na pastorale sorg binne die Christelike gemeenskap.

Opsomming van die inhoud

1 Timoteus voorsien riglyne vir die gedragvan diegene in leiersposisies in die Christelike gemeenskappe. In die eerste hoofstuk word die taak wat aan Timoteus opgedra is, nuut geformuleer: hy moet bly by die onderrig wat hy ontvang het en wegbly van mense wat hom wil verlei.
Hoofstukke 2 en 3 gee opdragte aan die gemeentelede en ampsdraers in die gemeente.
Vanaf 1 Timoteus 4:6 word Timoteus self weer aangespreek; hy word opgeroep om vals leerstellings te bestry.
In hoofstuk 5 word sy verantwoordelikhede ten opsigte van weduwees, ampsdraers en slawe in die Christelike gemeenskap uitgespel. In die laaste hoofstuk word die verskil tussen die ware geloof, wat Timoteus verkondig, en die dwaalleer beklemtoon.

Struktuur

 1:1-2  Afsenders, geadresseerdes en groetewoord
 1:3 – 2:7  Verset teen verkeerde idees
 2:8 – 4:5  Reëls vir die gemeente
 4:6-16  Timoteus se verantwoordelikhede
 5:1 – 6:10  Sorg vir mense in die gemeente
 6:11-19  Stryd vir die geloof
 6:20-21  Afsluiting van die brief
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

 

 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS