Bible Society of South Africa

2 Tessalonisense: Struktuur

Die tweede brief aan die Tessalonisense lyk na ʼn soort verwerking van die eerste brief aan die Tessalonisense.

Inhoud in kort

Soos 1 Tessalonisense, begin 2 Tessalonisense volgens ʼn vaste patroon: afsender, geadresseerdes, groeteboodskap en danksegging aan God vir die ontvanger van die brief. 2 Tessalonisense 1:1-2 bevat die afsenders en die geadresseerdes en die groeteboodskap (“Genade en vrede”).
In 2 Tessalonisense 1:3-5 kry ons ʼn kort danksegging, wat direk opgevolg word met ʼn beskrywing van die wederkoms van Christus en die oordeel wat daarmee gepaard sal gaan. Die rede vir die vertraging in Christus se wederkoms, word in 2 Tessalonisense 2 gegee. In 2 Tessalonisense 3:1-16 word gelowiges wat hulle plig versuim, tot orde geroep. Die brief sluit af in 2 Tessalonisense 3:17-18 met finale groeteboodskappe.

Struktuur

 1:1-2  Afsenders, geadresseerdes en groeteboodskap
 1:3-5  Danksegging
 1:6-12  Die wederkoms van Christus en die oordeel
 2:1-17  Die rede vir die vertraging van Christus se (weder)koms
 3:1-16  ʼn Oproep om nie werk te verwaarloos nie
 3:17-18  Finale groeteboodskappe
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS