Bible Society of South Africa

2 Tessalonisense: Outeur en datering

Die tweede brief aan die Tessalonisense is geskryf onder die naam van Paulus, maar is waarskynlik nie deur Paulus self geskryf nie. Dit is onbekend wie die brief geskryf het en wanneer dit geskryf is.

Outeurskap

Die meeste Bybelgeleerdes aanvaar dat die brief nie deur Paulus geskryf is nie, om die volgende redes:

  1. 1.Ongeveer ʼn derde van die woorde en sinsnedes in 2 Tessalonisense kom voor in 1 Tessalonisense, wat daarop dui dat 2 Tessalonisense ʼn verwerking van 1 Tessalonisense is.
  2. 2.Die toon van die twee briewe is nie dieselfde nie. 1 Tessalonisense is hartlik en besorg, terwyl 2 Tessalonisense meer die styl van ʼn objektiewe verhandeling aanneem.
  3. 3.ʼn Derde aspek is die manier waarop die twee briewe na die eindtyd verwys. Daar is verskillende opvattings oor die tyd wanneer Christus weer kom en hierdie verskille kan moeilik aan een outeur toegeskryf word.
  4. 4.In 2 Tessalonisense word baie besonderhede gegee oor die straf wat nie-Christene gaan ontvang. In die briewe wat ons wel aan Paulus kan toeskryf, word die onderwerp anders hanteer.

Datering

Dit is moeilik om 2 Tessalonisense te dateer. Die tema van die brief, nl die vertraging van die eindtyd, beteken dat die teks teen die einde van die eerste eeu n.C geskryf is. Dit is waarskynlik saamgestel deur ʼn groep gelowiges vir wie die versamelde briewe van Paulus ʼn belangrike rol gespeel het en wat Paulus se opvatting van ʼn spoedige terugkeer van Christus wou korrigeer deur hierdie brief by hierdie versameling te voeg. Dit is daarom nie seker of hierdie brief regtig bedoel was vir die Christene in Tessalonika nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS