Bible Society of South Africa

1 Tessalonisense: Outeur en Datering

Die eerste brief aan die Tessalonisense is waarskynlik omstreeks 50 n.C. geskryf. Paulus het die brief saam met sy medewerkers, Silvanus en Timoteus, geskryf.

Datering

Handelinge 17 – 18 bevat inligting oor Paulus se tweede sendingreis, wat min of meer strook met dit wat ons in 1 Tessalonisense lees. Daar word algemeen aanvaar dat Paulus die gemeente in 49 n.C in Tessalonika gestig het en dat hy die eerste brief aan die Tessalonisense omstreeks 50 n.C. uit Korinte geskryf het. Dit maak 1 Tessalonisense moontlik die oudste van Paulus se briewe wat ons het.

Outeurs

Paulus het die brief geskryf in reaksie op berigte wat hy van die gemeente in Tessalonika ontvang het. Hy het dalk hierdie berigte van sy medewerker, Timoteus, ontvang (1 Tessalonisense 3:6). Paulus vermeld sy medewerkers, Silvanus (die Latynse weergawe van Silas) en Timoteus in 1 Tessalonisense 1:1 as medeskrywers van hierdie brief.

Verwante Bybelgedeeltes

1 TESSALONISENSE 1.1

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS