Bible Society of South Africa

2 Korintiërs: Struktuur

Die tweede brief aan die Korintiërs is een van die mees persoonlike briewe wat Paulus geskryf het.

Inhoud in kort

Die tweede brief aan die Korintiërs begin met ʼn redelike standaard-inleidingsformule wat die afsender bekendstel, asook dié aan wie dit gerig is en ʼn groeteboodskap.
Volgende het 2 Korintiërs 1:15 – 2:13 te make met verskeie probleme, soos die veranderde reisplanne en die straf wat opgelê moet word aan diegene wat Paulus leed aangedoen het.
Gewoonlik word 2 Korintiërs 2:14 – 7:4 beskou as Paulus se verdediging van sy apostelamp, maar die teks moet eintlik ook gesien word as Paulus se poging om verhoudings met die Korintiërs te herstel.
In hoofstukke 8 en 9 moedig Paulus die Korintiërs aan om mildelik by te dra tot die dankoffer vir die gemeente in Jerusalem.
In 2 Korintiërs 10:1 – 13:10 poog Paulus om die Korintiërs in skerp taal te oortuig om hulle rug op die valse apostels te draai.
In 2 Korintiërs 13:11-13 sluit Paulus sy brief af met ʼn groeteboodskap en die standaardseëngroet, wat steeds vandag in gemeentes gebruik word.

Struktuur

 1:1-11  Begin van die brief
 1:12-14  Doel van die brief
 1:15 – 2:13  Bespreking van verskeie probleme
 2:14 – 7:4   Paulus se verdediging van die apostelamp
 8 – 9  Oproep om by te dra tot die dankoffer
 10:1 – 13:10  Oproep om hulle van die valse profete te distansieer
 13:11-13  Einde van die brief
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.9
VOLG ONS