Bible Society of South Africa

Amos: Struktuur

In die boek Amos kan twee dele onderskei word: Amos 1 – 6 en Amos 7 – 9.

Amos 1 – 6

In die eerste deel is God die belangrikste spreker.


Hy uiter ʼn aantal oordele oor die nasies wat Israel omring. Hierdie profesieë begin met die vaste formule, “Selfs as …. Net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie …”.


Daarna konsentreer die profesieë op Israel self, met ʼn paar sinspelings op Juda. Omdat Israel God se volk is, sal Hy die volk vir hulle foute straf.

Amos 7 – 9

In die tweede deel speel die karakter van Amos, as die verteller van die visioene, ʼn groter rol met werkwoorde in die eerste persoon enkelvoud.


In Amos 7:10-17 is daar ʼn kort verhaal oor ʼn poging om hom uit Israel te verjaag en hom na Juda terug te stuur.


Die boek eindig met ʼn profesie van verlossing vir Israel: ʼn vreemdsame en voorspoedige toekoms onder ʼn koning uit die gevalle huis van Dawid word aangekondig.

Opskrif

Die opskrifte van Amos, Hosea, Sefanja en Miga is almal feitlik identies. Dit dui daarop dat Amos vroeër een van ʼn klein versameling boeke was wat uiteindelik almal by die boek van die Twaalf Profete ingesluit is.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.9
VOLG ONS