Bible Society of South Africa

Bybel

Die woord “Bybel” word afgelei van die Griekse woord biblia, wat “boeke” beteken. Die Bybel bestaan natuurlik uit allerhande verskillende boeke. Terselfdertyd het die term biblia in Latyn die betekenis “die heilige boek” aangeneem. Dit het die naam vir die Bybel geword. Ons woord “Bybel” is van daardie naam biblia afgelei.

ʼn Boek in twee dele

Die boeke van die Bybel is deur verskillende outeurs oor ʼn tydperk van selfs 1 000 jaar geskryf. Hierdie boeke word gewoonlik in twee dele verdeel:

  • Die Ou Testament: Dit is die Joodse Bybel. Dit bevat die geskrifte van die volk Israel. Daarin vind ʼn mens die verhale van die skepping en die groot vloed, sowel as verhale oor Abraham, Moses en Elia. Die Ou Testament is vol verhale, wette en profesieë. Al hierdie tekste is geskryf lank voor die begin van ons era.
  • Die Nuwe Testament: Dit sluit die Evangelies in, wat al vier die verhaal van Jesus se lewe, sterwe en opstanding op hulle eie manier vertel. ʼn Mens sal ook ʼn beskrywing vind van die vroegste Christelike gemeenskappe en briewe van kerkleiers. Die boeke van die Nuwe Testament is binne die bestek van 100 jaar na Jesus se dood geskryf.

Hoeveel boeke is daar?

Die Bybel is ʼn groot boek, maar daar bestaan verskillende menings oor hoe groot dit is. Volgens die Protestante bestaan die Ou Testament uit 39 boeke, maar vir die Katolieke bestaan dit uit 46 boeke. Die boeke wat nie in die Joodse of Protestantse Bybel is nie, maar wel in die Katolieke Bybel, staan bekend as die Deuterokanonieke boeke. Die Nuwe Testament bestaan uit 27 boeke.

Brontekste

Moderne Bybelvertalings gebruik brontekste in Hebreeus, Aramees en Grieks. Hebreeus en Aramees is die tale van die Ou Testament. Die Nuwe Testament is in Grieks geskryf.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.9
VOLG ONS