Bible Society of South Africa

Bybel as biblioteek

Die Bybel word dikwels beskou as ʼn enkele boek — een groot geheel. Aan die een kant is dit reg, aangesien die Bybel al vir eeue as ʼn eenheid gefunksioneer het. Aan die ander kant is dit belangrik om te besef dat die Bybel oorspronklik nie net een boek was nie.

Ou en Nuwe Testament

Die Bybel word verdeel in die Ou Testament en die Nuwe Testament. In die Prostestants-Christelike tradisie bestaan die Ou Testament uit 39 boeke, en die Nuwe Testament uit 27 boeke. In totaal het die Bybel dus 66 boeke (39 + 27 boeke).

In die Katolieke tradisie is die Ou Testament meer omvangryk. Daar is sewe ekstra boeke, en twee boeke — Ester en Daniël — wat langer weergawes is. Die ekstra boeke en die toevoegings tot Ester en Daniël word die Deuterokanonieke boeke genoem. In die Katolieke tradisie bestaan die Bybel daarom uit meer as 66 boeke.

Hebreeuse Bybel

In die Joodse tradisie word die Bybel die Tanakh, of die Hebreeuse Bybel genoem. Die Hebreeuse Bybel bestaan uit dieselfde 39 boeke as die Protestantse Ou Testament. Maar sommige van die boeke word in ʼn ander volgorde gerangskik.

Verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament

Volgens die Christelike kerk word die beloftes van die Ou Testament in die Nuwe (Testament) vervul. Dit is waarom die tweede deel die “Nuwe” Testament genoem word. In die Nuwe Testament word die ou verbond met Israel egter nie opgehef nie, maar vernuwe en uitgebrei. Die twee dele van die Bybel word daarom soms die “Eerste Testament” en die “Tweede Testament” genoem.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS