Bible Society of South Africa

2 Konings: Datering

1 en 2 Konings vorm deel van ʼn groot historiese werk, wat saam met die boeke Josua, Rigters, 1 Samuel en 2 Samuel te make het met die geskiedenis van Israel en Juda tot omtrent 560 v.C.


In sy huidige vorm dateer die boek waarskynlik uit die tydperk 550 tot 500 v.C. Die boek beskryf die gebeure in die tydperk vanaf die tiende tot die negende eeu v.C.


Die boek bevat baie verskillende tradisionele verhale omtrent bekende profete en gebeure in die geskiedenis van Israel en Juda. In sy huidge vorm is 2 Konings die resultaat van ʼn uitgerekte proses van oorlewering en redigering. Die redigeringsproses is voltooi gedurende of na die Babiloniese ballingskap.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS