Bible Society of South Africa

2 Konings

1 en 2 Konings vorm saam ʼn deurlopende verhaal wat ʼn vervolg op 1 en 2 Samuel is. In Bybels is die verhaal oor twee boeke versprei — waarskynlik as gevolg van die omvang van die narratief. In hierdie boeke lees ons verhale oor die konings wat ná Dawid geheers het.

Titel van die boek

Die titel Konings verwys na die konings wat vir vier eeue oor Israel en Juda regeer het, vanaf die tiende tot die sesde eeu v.C.

Inhoud

2 Konings handel oor:

Albei dele eindig met die verowering van die hoofstad en ʼn ballingskap. Hierdie nasionale rampe word beskou as ʼn gevolg van die feit dat sowel Israel as Juda ontrou aan die Here geraak het. Die verwoesting van die tempel en die wegvoering van ʼn groot deel van die bevolking na Babilon, vorm ʼn groot keerpunt in die geskiedenis van die volk Israel.

Temas

1 en 2 Konings is nie gemoeid daarmee om ʼn onpartydige weergawe van die geskiedenis te gee nie. Die verhale bied ʼn standpunt oor sekere gebeure en oor die verskeie konings.


Die kriterium vir hierdie beoordeling is of ʼn koning optree in ooreenstemming met die wil van God, of daarteen. Om ander gode te dien is die belangrike teken van ongehoorsaamheid. Dit plaas die bestaan van die volk Israel op die spel vanuit ʼn godsdienstige sowel as ʼn politieke oogpunt. Volgens hierdie kriterium vaar die konings van die noordelike koninkryk van Israel swak, en die beoordeling van die konings van Juda is net deels gunstig. 


Die geskiedenis van Juda soos in 1 en 2 Konings beskryf, word in 2 Kronieke herformuleer.

Posisie in die Bybel

Op grond van die historiese inhoud word 1 en 2 Konings gesien as historiese boeke soos



In die Hebreeuse Bybel, die Tanag, word die boeke saam met die Vroeë Profete gegroepeer. In hierdie boeke word die Israeliete deurlopend herinner aan die wet van Moses en gewaarsku teen die verbreking van die gebooie.


Hierdie boeke is vanuit die perspektief van die ballingskap geskryf en bied insig op hoe die geskiedenis tot die ballingskapkrisis gelei het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.10
VOLG ONS