Bible Society of South Africa

1 Konings: Struktuur

1 Konings bevat verhale oor die verskillende konings van Israel en Juda.

Samestelling

Die boek kan grotendeels in drie afdelings verdeel word:

  • 1 Konings 1 – 2:12 beskryf die einde van koning Dawid se lewe. Dit voltooi die verhale in 2 Samuel. 
  • 1 Konings 2:13 – 11 gee ʼn beskrywing van die regering van Salomo. Die wysheid van Salomo en die bou van die tempel kry besondere aandag. 
  • Die derde deel (1 Konings 12 – 22) beslaan die geskiedenis van Juda en Israel na die verdeling van die ryk. 

Ander bronne

1 Konings verwys na ander historiese tekste wat op dieselfde tydstip beskikbaar was:

Vaste patroon

Die aktiwiteite van die verskillende konings word altyd beskryf volgens ʼn vaste patroon en die volgende punte word altyd vermeld:

  • die begin en die duur van hulle regering; 
  • die stad waarvandaan die koning regeer het;  
  • ʼn teologiese beoordeling van die koningskap; 
  • ʼn verwysing na die kronieke; 
  • die aankondiging van die dood van die koning en die benoeming van sy opvolger. 

Profete

In 1 Konings word groot klem gelê op die rol van die profete. Hulle is God se woordvoerders en hulle maak sy plan aan die volk bekend. Sommige van die hoofstukke, soos 1 Konings 13, 1 Konings 17 – 19 en 1 Konings 22, handel meer oor profete as oor konings.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS