2 Samuel: Datering
1 en 2 Samuel is deel van ʼn groot historiese werk wat saam met die boeke Josua
Tradisionele datering
Volgens die tradisionele Joodse beskouing is beide boeke van Samuel waarskynlik rondom 1000 v.C. deur die profete Samuel, Gad en Natan geskryf.
Moderne datering
Volgens die meeste moderne Bybelgeleerdes bevat die boeke van Samuel ʼn versameling tekste wat ten opsigte van styl, oorsprong en ouderdom wissel. Hulle is byeengebring uit verskeie vroeë bronne. Argiewe wat op datum gehou is aan die howe van die konings van Israel en Juda is gebruik. Sekere episodes is oorgeneem uit ʼn versameling van min of meer legendariese verhale, wat waarskynlik later herformuleer is. Ander het van ʼn versameling liedere en administratiewe dokumente gekom.
Die boeke van Samuel het hulle huidige vorm aangeneem as deel van die groot historiese werk
Navorsing het gewys dat latere oorskrywers die teks hersien en uitgebrei het vanaf 300 v.C. tot 2 n.C.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: