Bible Society of South Africa

2 Samuel: Struktuur

2 Samuel 1 vorm die afsluiting van die verhale in 1 Samuel. Vanaf 2 Samuel kan drie afdelings onderskei word.

Die koningskap van Dawid

Die eerste deel (2 Samuel 2 – 8) beskryf hoe Dawid sy koningskap oor Juda en Israel stewig vestig. Hy verskuif sy hof van Hebron na Jerusalem en laat ook die ark van God (verbondsark) na Jerusalem bring. Hy beplan om ʼn tempel vir God te bou, maar die profeet Natan sê aan hom dat dit sy seun sal wees wat die tempel sal bou en nie hy nie.

Dawid se wangedrag

In die tweede deel (2 Samuel 9 – 20, met ʼn storielyn wat in 1 Konings 1 – 2) voortgaan, blyk dit dat Dawid beslis nie ʼn ideale koning is nie. Hy pleeg egbreuk en moord. Hy word hiervoor gestraf deur die dood van vier van sy vyf seuns. As gevolg van sy eie wangedrag is hy nie in die posisie om teen Absalom op te tree nie. Dit bedreig die eenheid van die koninkryk. Maar sy seun Salomo sal ʼn goeie koning wees.

Verhale, gedigte en stellings

Die derde deel (2 Samuel 21 – 24) is ʼn versameling van individuele verhale, gedigte en stellings. Temas uit 2 Samuel 2 – 8 word weer opgeneem. Op hierdie wyse word die perseel waar die tempel gebou gaan word aangedui in 2 Samuel 24, wat reeds in 2 Samuel 7 vermeld is.


Die lied in 2 Samuel 22 is amper dieselfde as Psalm 18.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS