Bible Society of South Africa

1 Samuel: Datering

1 Samuel is deel van ʼn groot historiese werk wat die boeke van Josua, Rigters, 1 Konings en 2 Konings insluit. Hierdie boeke het te make met die geskiedenis van Israel en Juda tot omtrent 560 v.C. In sy huidige vorm dateer die boek waarskynlik uit die tydperk 550 tot 500 v.C.

Tradisionele datering

Volgens die tradisionele Joodse beskouing is beide boeke van Samuel waarskynlik rondom 1000 v.C. deur die profete Samuel, Gad en Natan geskryf.

Moderne datering

Volgens die meeste moderne Bybelgeleerdes bevat die boeke van Samuel ʼn versameling tekste wat ten opsigte van styl, oorsprong en ouderdom wissel. Hulle is byeengebring uit verskeie vroeë bronne. Argiewe wat op datum gehou is in die howe van die konings van Israel en Juda is gebruik. Seker episodes is oorgeneem uit ʼn versameling van min of meer legendariese verhale en waarskynlik later herformuleer. Ander het van ʼn versameling liedere en administratiewe dokumente gekom.


Die boeke van Samuel het hulle huidige vorm aangeneem as deel van die groot historiese werk, wat die geskiedenis van Israel vanaf die intog in Kanaän tot by die Babiloniese ballingskap beslaan. Hierdie boeke is moontlik saamgestel in die tydperk 550 tot 500 v.C.


Navorsing het nou gewys dat latere oorskrywers die teks hersien en uitgebrei het vanaf 300 v.C. tot 2 n.C.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS