Bible Society of South Africa

1 Samuel: Struktuur

1 Samuel speel af in die oorgangsperiode tussen die tyd van die rigters en die tyd van die konings. In die oorweging van die samestelling van 1 Samuel se teks, moet ons ook 2 Samuel 1 insluit. In 1 Samuel 1 tot 2 Samuel 1 kan drie dele onderskei word:

Samuel se rol

Die eerste deel (1 Samuel 1 – 8) begin met die geboorte van Samuel. Samuel se seuns blyk egter nie geskikte persone te wees om hulle pa as rigter op te volg nie. Daarom vra die Israeliete vir ʼn koning. Samuel stem teësinnig in. 

Koning Saul

Die tweede deel (1 Samuel 9 – 16) vertel hoe Saul deur God opdrag gegee is om koning te wees en deur die volk aangestel word. Hy is egter ongehoorsaam aan God en daarom sal sy nageslag nie die koninklike lyn voortsit nie.

Dawid se opkoms

Die derde deel (1 Samuel 16 – 2 Samuel 1) beskryf Saul se agteruitgang en die opkoms van Dawid as die toekomstige koning. Saul word deur God verwerp en Dawid word as koning gesalf. Hulle liefde-haat-verhouding ontwikkel onvermydelik in ʼn magstryd. Saul se kinders, Jonatan en Mikal, skaar hulle by Dawid. Wanneer Saul en Jonatan in die oorlog met die Filistyne omkom, is Dawid uiteindelik in staat om op die troon aanspraak te maak.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS