Bible Society of South Africa

Buitelanders en vreemdelinge

Daar was vreemdelinge in elke samelewing van die Ou Nabye Ooste. Die aantal vreemdelinge het in die Grieks-Romeinse periode (sedert die vierde eeu v.C.) toegeneem, aangesien dit vir mense makliker geword het om te reis. En baie verskillende bevolkingsgroepe het regoor die groter stede rondom die Middellandse See gewoon.

Agtergrond van vreemdelinge (buitelanders)

Vreemdelinge het verskillende agtergronde gehad:

  • Mense kon om ekonomiese redes op verskillende plekke woon. Handelsreisigers het byvoorbeeld deur verskeie lande gereis.
  • Baie vreemdelinge het hulle eie lande weens moeilike omstandighede verlaat. As gevolg van hongersnood of oorlog in hulle eie lande het mense hulle heil elders gaan soek.

Die Ou Testament oor vreemdelinge 

In die Ou Testament kry ons verskeie wette rakende vreemdelinge. In hierdie wette is gasvryheid baie belangrik, maar daar word ook beperkings aangedui. Vreemdelinge is daarom nie toegelaat om aan tempelaanbidding deel te hê nie, en Israeliete is nie toegelaat om met vreemdelinge te trou nie. 


Wanneer daar in die Bybel gepraat word van gasvryheid, word die Israeliete gereeld herinner aan hulle eie geskiedenis. Die verhaal van die verblyf in Egipte, die wegvoering deur die Assiriërs en die ballingskap in Babilonië het ʼn besliste invloed op hulle denke oor vreemdelinge gehad. Byvoorbeeld in Eksodus 22:21:


“Jy mag nie ʼn vreemdeling verdruk of laat swaarkry nie, want jy was self ʼn vreemdeling in Egipte.”

Woorde vir vreemdelinge

Hebreeus het verskeie woorde vir verskillende soorte vreemdelinge. Nie alle vreemdelinge is eenders nie. Sommige is hoort by die volk Israel en is ʼn ware deel van die maatskaplike en godsdienstige gemeenskap, maar ander hoort nie by hierdie gemeenskap nie. 


In die Grieks van die Nuwe Testament word daar ook verskeie woorde met verskillende nuanses vir vreemdelinge gebruik.

Rut as ʼn vreemdeling

Een van die bekendste vreemdelinge in die Bybel is Rut. Sy emigreer uit Moab saam met haar skoonmoeder. Sy word ʼn vreemdeling in Juda, die land van die Jode.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS