Bible Society of South Africa

Diefstal

Diefstal was streng verbode in die Bybel; dit is trouens een van die Tien Gebooie. Daar het ʼn aantal verskillende strawwe vir diefstal gegeld. Dit het berus op dit wat gesteel is.

Diefstal van diere

Iemand wat ʼn os gesteel het, moes die waarde van die dier vyfvoudig terugbetaal. ʼn Skaap of ʼn bok moes viervoudig terugbetaal word.

Inbraak

Wanneer ʼn inbreker op heterdaad betrap is, het hy gevaar geloop om deur die eienaar van die huis doodgemaak word. Wanneer dit in die nag plaasgevind het, is die huiseienaar nie van manslag aangekla nie, maar indien dit gedurende die dag plaasgevind het, is dit as moord beskou.


Indien die inbreker nie gedood is nie, moes hy die huiseienaar vergoed vir alles wat hy gevat het. Indien die dief nie in staat was om hieraan te voldoen nie, is hy as ʼn slaaf verkoop.

Ontvoering

Ontvoering het die doodsvonnis tot gevolg gehad. Dit het nie saak gemaak of die slagoffer deur die ontvoerder verkoop is of as ʼn slaaf behandel is nie.

Die dief as beeldspraak

Die dief as beeldspraak kom in verskeie tekste voor. Die onverwagse aard van ʼn gebeure word vergelyk met die onverwagse besoek van ʼn dief (2 Petrus 3:10). Die Seun van die mens sal soos ʼn dief kom op ʼn tydstip wanneer niemand Hom verwag nie (Lukas 12:39-40).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS