Bible Society of South Africa

Eedswering in die Ou Testament

Ede kom in alle genres van die Ou Testament voor. God word opgeroep as getuie vir die waarheid van dit wat mense verklaar of belowe.

Omstandighede van ʼn eed

Die omstandighede waaronder ʼn eed afgelê is, het grootliks verskil. Mense kon by formele sowel as meer informele geleenthede ʼn eed aflê, en beide die volk as geheel en individue het bindende beloftes gemaak.


Daarom het die Israeliete as ʼn volk by Mispa ʼn eed afgelê dat niemand sy dogter aan ʼn Benjaminiet sal gee nie (Rigters 21:1), en in Genesis 25:33 het Esau ʼn eed afgelê dat hy sy reg as eersgeborene aan Jakob sou gee in ruil vir lensiesop.

Gevolge van ʼn eed

In alle formulerings was die aanroep van God (of ʼn ander mag) bedoel as ʼn versterking van die eed. God moes verseker dat elkeen wat nie sy eed nakom nie, gestraf sou word.

Handelinge by die aflê van ʼn eed

Die aflê van ʼn eed was dikwels ʼn kombinasie van die uitspreek van ʼn vaste formulering en ʼn bepaalde handeling.

  • Enigiemand wat ʼn eed aflê en sy hand oplig, lê ʼn eed by God af (Deuteronomium 32:40).
  • Enigiemand wat sy hand op die heup van iemand anders plaas, betrek sy kinders en kleinkinders by die eed (Genesis 24:2).

Verskeie formulerings

Daar was verskeie formulerings vir ʼn eed:

  • So waar as die Here leef … Om ʼn eed by God af te lê, het beteken dat God as getuie ingeroep word. Maar God kon ook by Homself of by sy heiligheid ʼn eed aflê.
  • So waar as … leef. In hierdie formule is (die naam van) God gewoonlik gebruik, maar daar is ooks formulerings waarin die Egiptiese farao vermeld word. Dit was ook moontlik om ʼn eed af te lê op iemand ander se lewe. Die formule “so waar as … leef” is een van die algemeenste ede in die Ou Testament. 
  • Mag God aan my doen … Hierdie formule was ʼn selfvervloeking. Mense kon ʼn vloek oor hulleself uitspreek indien hulle nie hulle belofte nakom nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS