Bible Society of South Africa

Belasting in die Ou Testament

In ou Israel was daar verskillende soorte belasting. ʼn Gedeelte van ʼn mens se inkomste moes opsy gesit word vir die tempel en vir die koning.

Verskillende soorte belasting

Beide die koning sowel as die tempel kon belasting van burgers eis. In Ou Testamentiese tye was daar onder meer:

  • die verpligte bydrae tot die tempel;
  • die bydrae in goedere aan die koning;
  • tolgeld;
  • militêre diens — mense moes sonder betaling vir die koning werk. 


Die sistematiese heffing van belasting is deur koning Salomo ingestel. Hy het die opbrengste gebruik om sy hof te onderhou (1 Konings 4:7-19).

Vasalstate

Die koning van ʼn verowerde volk was dikwels verplig om belasting aan die oorwinnaar te betaal. Hierdie belasting kon in goedere betaal word, of deur middel van groot hoeveelhede silwer of goud.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS