Bible Society of South Africa

Geldeenheid

Geld sedert die sesde eeu in Israel gebruik. Voor dit was ruilekonomie aan die orde van die dag.

Ruilekonomie in die Ou Nabye Ooste

In die Ou Nabye Ooste het mense met geld betaal of goedere geruil. Die ruilekonomie is gebaseer op die beginsel dat daar vir elke “geskenk” ʼn geskenk “in ruil” verwag is. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is in 1 Konings 5:11 waar Salomo aan koning Hiram van Tirus koring en olyfolie gee in ruil vir hout.

Waarmee het mense betaal?

Mense het met goedere betaal indien daar nie geld was nie. Buiten vir voedsel kon mense ook met vee, slawe en wapens betaal. Die goedere waarmee mense betaal het, kon by ʼn mark verkoop word as betaling vir ander goedere. Hierdie betaalstelsel het vir die hele tydperk waarin die Bybel sy ontstaan gehad het gegeld, insluitend die tyd toe munte alreeds in gebruik was.

Die opkoms van munte

Die nadeel van betaling met goedere was ʼn gebrek aan ʼn standaard. Dit was nie altyd maklik om die waarde van goedere en dienste te vergelyk nie. Die gevolg was dat ruilhandel nie altyd gebalanseerd was nie en magsmisbruik moontlik was.

Sedert die sewende eeu v.C. was die Lidiërs die eerstes om muntstukke vir betaling te gebruik. Dit het betaling vergemaklik. Maar baie verskillende soorte muntstukke het tegelykertyd bestaan: elke koninkryk of staat het sy eie munte gehad.

Betalings in die Nuwe Testament

Met die opkoms van die Romeinse Ryk was daar toenemend een enkele monetêre stelsel. Pryse kon steeds aansienlik versklik tussen die verskillende Romeinse provinsies.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS