Bible Society of South Africa

Regspraak in die Nuwe Testament

Judea was deel van die Romeinse Ryk en was daarom onderworpe aan Romeinse wetgewing. Maar daar was ook ʼn Joodse, godsdienstige hof wat reg gespreek het oor interne Joodse sake: die Sanhedrin. Die Romeinse hof het egter die hoogste gesag verteenwoordig.


Jesus en Paulus was die twee bekendste mense uit die Nuwe Testament wat met die Romeinse wette te doen gekry het.

Jesus voor die regter

Volgens die Evangelies is Jesus eers deur die Sanhedrin veroordeel, maar daarna is hy ook na die Romeinse heerser, Pontius Pilatus, gestuur. Dit was Pilatus se besluit dat Jesus gekruisig moes word.

Paulus voor die regter

Paulus het ook tereggestaan voor die Romeine. Paulus was ʼn Romeinse burger en het dus sekere regte gehad. Daarom kon hy nie geboei of gegesel word nie. Hy het ook die reg gehad om in die stad Rome verhoor te word, en hy het van daardie reg gebruik gemaak. Hy is uiteindelik onder huisarres in Rome geplaas. Die Bybel sê nie of Paulus gevolglik veroordeel is nie, maar dit is baie waarskynlik.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS