Bible Society of South Africa

Regspraak in die Ou Testament

Die Ou Testament bevat baie verhale en tekste oor regters en die regspraak. God is die allerhoogste Regter en sy wette word deur die leiers van Israel toegepas.

Moses, priesters en Leviete

In die eerste boeke van die Ou Testament lees ons dat Moses die een is wat God se wette deurgee. Moses was ook die persoon wat regspraak gelewer het. Toe dit vir hom te veel raak, is 70 wyse manne (oudstes) aangestel om hom met minder belangrike sake te help. Aan hierdie oudstes is leiersposisies gegee oor groepe van ʼn duisend, ʼn honderd, vyftig en tien.


Op daardie tydstip was dit die taak van die priesters en Leviete om die volk die wette en voorskrifte te leer. Hulle moes ook regspraak lewer in sake wat te moeilik vir die plaaslike regter was.

Die tydperk van die rigters

Gedurende die tydperk van die rigters uit die bybelse boek met dieselfde naam (1400-1000 v.C.), het die Israeliete nog nie hulle eie koning gehad nie. Gedurende hierdie tyd het die wetlike funksie van die oudstes belangrik gebly. As ʼn saak te ingewikkeld vir die oudstes van ʼn dorpie of stad was, is die hulp van die priesters ingeroep. Hooggeplaasde militêre offisiere kon ook betrek word by die regspraak. Daar is ook by die stadspoort regspraak gelewer.

Die tydperk van die konings

Toe die volk Israel ʼn koning gekry het, het hy die hoogste beskikbare regter geword vir die volk. Dit was in die tydperk tussen 1040 en 586 v.C.


Mense kon na die koning toe gaan en hulle saak voor hom stel (1 Konings 3:16-28). Sy uitspraak was bindend.

Die Persiese tydperk

In die Persiese tydperk (539-333 v.C.) het Persiese wette gegeld, maar die Perse het die Jode toegelaat om self hulle eie sake te hanteer. ʼn Voorbeeld hiervan kan in Esra 7:25-26 gevind word. Hierdie onderskeiding is later ook deur die Romeine aanvaar.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS