Bible Society of South Africa

Getuie

Getuies was onontbeerlik in ʼn hofsaak. ʼn Uitspraak kon slegs gelewer word indien daar genoeg getuies was.

Ten minste twee getuies

Die aangeklaagde in ʼn hofsaak kon slegs skuldig bevind word as daar ten minste twee getuies van die misdaad was. Die getuies moes die waarheid praat. As dit geblyk het dat een van die getuies jok, sou hy self gestraf word. Hy kon die straf opgelê word wat hy vir die aangeklaagde gevra het. Die verbod op vals getuienis is só ʼn belangrike reël dat dit een van die Tien Gebooie uitmaak.

Geen getuies

Dit kon gebeur dat daar geen getuies van ʼn misdaad was nie. As die verdagte sweer dat hy nie die misdaad gepleeg het nie, moes sy verklaring as die waarheid aanvaar word. In sulke gevalle is God, of “hemel en aarde” dikwels ingeroep om te getuig en die eed te bevestig.

Jesus se skuldigbevinding

Iemand kon op grond van sy eie getuienis veroordeel word. In die hofsaak teen Jesus kon geen behoorlike getuie van ʼn misdaad gevind word nie. Jesus word dan veroordeel op grond van die getuienis wat Hy op die tydstip gee, wat daarom deur meer as twee mense gehoor is.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.7
VOLG ONS