Bible Society of South Africa

Fariseërs en die rabbynse literatuur

Die idees en tradisies van die Fariseërs word verder uitgewei in die rabbynse literatuur wat ná die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. ontstaan het. En in hierdie literatuur word ʼn belangrike status aan ʼn aantal mense gegee wat elders as vooraanstaande Fariseërs vermeld word (byvoorbeeld Gamaliël, sien Handelinge 5:33-39).

Die bron van inligting oor die Fariseërs?

Daar bestaan redelike onsekerheid oor die presiese identiteit en die ware invloed van die Fariseërs. Die geskiedskrywer Josefus en die Nuwe Testament skryf oor “die Fariseërs” op ʼn vanselfsprekende manier. Maar dit is moeilik om enigiets te sê oor wie die Fariseërs was op grond van hierdie geskrifte. Dieselfde geld vir rabbynse literatuur. Dit is ʼn belangrike bron van inligting, maar dit het ook ontstaan gedurende ʼn tyd toe daar nie meer enige Fariseër was nie. Daarom is dit moeilik om te oordeel hoe betroubaar die inligting is wat gegee word.

Die invloed van die oorlog met Rome

Die opvattings van die Fariseërs is opgeneem in die rabbynse literatuur, maar nie sonder ingrypende veranderinge nie. Die veranderinge sal hoofsaaklik te make hê met die groot verandering in die Joodse samelewing na die oorlog met Rome (66-70 n.C.). Die Sadduseërs en Esseners het op daardie tydstip van die toneel verdwyn, en die Fariseërs het interne leiding geneem. Hulle het die nuwe sosiale en godsdienstige strukture daargestel en die Judaïsme gevorm soos ons dit uit die rabbynse literatuur ken.

Verwante Bybelgedeeltes

HANDELINGE 5.34 HANDELINGE 22.3

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS