Bible Society of South Africa

Fariseërs in die Nuwe Testament

Die Fariseërs word meer as ʼn honderd keer in die Nuwe Testament vermeld. In die Evangelies het Jesus vele gesprekke met hulle omtrent die interpretasie van die wet. Die verskillende evangeliste gee elkeen hul eie unieke perspektief op die Fariseërs.

Jesus en die Fariseërs

Jesus was nie deel van die Farisese beweging nie, maar daar is ooreenkomste tussen Hom en die Fariseërs. Een voorbeeld is die gelykenisse – kort verhale oor ʼn situasie uit die alledaagse lewe met ʼn godsdienstige sedeles. Sulke gelykenisse is eintlik eers in die Rabbynse geskrifte en in die Evangelies aangetref.

Die Evangeliste en die Fariseërs

Al vier die evangeliste het hulle eie opvattings oor die Fariseërs. Die verskil tussen Matteus en Lukas se manier van skryf oor die Fariseërs is ʼn goeie voorbeeld hiervan.


Matteus skets nogal ʼn vyandige prentjie van die Fariseërs, wat blykbaar hoofsaaklik deur die latere konflik tussen Christene en die Rabbynse Judaïsme beïnvloed is. 


Die inligting in Lukas blyk meer in ooreenstemming te wees met die situasie in Jesus se tyd. In Lukas kom die Fariseërs om Jesus te waarsku wanneer Hy in gevaar is en hulle bly Hom uitnooi om op egte Farisese wyse maaltye saam met hulle te geniet, ongeag hulle meningsverskille.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS