Bible Society of South Africa

Fariseërs

In Jesus se tyd was die Fariseërs baie belangrike godsdienstige leiers van die Joodse volk.

Wie was die Fariseërs?

Fariseërs het die gebooie in die Ou Testament nagekom, maar het ook die mondelinge Tora, dws die mondelinge wette, tradisies en interpretasies van die wet nagekom. Die Fariseërs wou die lewe rein hou en vry van vreemde invloede, maar het ʼn openheid gehad om hulle geloof by nuwe omstandighede aan te pas.


Die mense het groot respek gehad vir die Fariseërs, wat as ʼn groep in die tweede eeu voor Christus ontstaan het. 

Die beroep van die Fariseërs

Die Fariseërs as groep het waarskynlik uit geleerde manne van die heersende stand gekom. Sommige Fariseërs kon gesagsposisies beklee het, maar die meeste van hulle was waarskynlik staatsamptenare, leermeesters of regters. Fariseërs het bymekaargekom op grond van hul godsdienstige oortuigings en probeer om hulle invloed in die gemeenskap te laat geld.

“Fariseër”, ʼn erekenteken

Die Griekse naam

pharisaios

is ʼn vertaling van die Hebreeuse woord vir “afsonderlik plaas” of “afgesonder”. Dit was dalk aanvanklik ʼn positiewe term wat hulle gebruik het, maar dis meer waarskynlik dat dit eers deur hulle opponente gebruik is en dat die Fariseërs die term later aangeneem het en daaraan ʼn positiewe inhoud gegee het, amper soos die term “Christen”.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS