Bible Society of South Africa

Esseners en Qumran

Die Joodse skrywers Flavius Josefus en Philo van Aleksandrië het spesifiek oor die Esseners geskryf. En die Romeinse goewerneur Plinius die Oudste het geskryf dat die Esseners noord van die En-Gedi op die strande van die Dooie See gewoon het. Dit was presies die plek waar ʼn skat van ou Hebreeuse geskrifte rondom 1947 ontdek is. Die geskrifte is in grotte naby ʼn antieke nedersetting gevind wat vandag bekend staan as Khirbet Qumran.

Qumran, ʼn Esseense hoofkwartier?

Volgens sommige geleerdes was Khirbet Qumran ʼn hoofkwartier vir die Esseners wat die eienaars van die Dooie See-rolle was. Ander geleerdes huldig ʼn ander standpunt. Dit is egter duidelik dat die Esseners ook in ander gebiede gewoon het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS