Bible Society of South Africa

Filippus (die seun van Herodes)

Filippus is een van die seuns van Herodes die Grote. Ná die dood van sy vader, word Filippus vanaf 4 v.C. tot 34 n.C. heerser van die noordelike deel van sy vader se koninkryk. Hierdie Filippus word drie keer in die Nuwe Testament vermeld.

Tetrarg van Iturea en Tragonitis

Ná die dood van Herodes die Grote in 4 n.C. word sy koninkryk tussen drie van sy seuns verdeel: Argelaus, Herodes Antipas en Filippus. Die Romeine stel Filippus aan as tetrarg oor Iturea, Tragonitis en die ander noordelike gebiede. Hy het tussen 4 v.C. en 34 n.C. oor hierdie streke in die weste en suide van die hedendaagse Sirië regeer.


Filippus word beskou as ʼn gematigde heerser. Soos sy vader is hy bekend vir sy groot bouprojekte. Sesarea-Filippi is ʼn bekende stad wat hy gebou het.


Ná sy dood het hierdie streke deel geword van die Romeinse provinsie Sirië. 

Filippus in die Nuwe Testament

Filippus word slegs drie keer in die Nuwe Testament vermeld. In Lukas 3:1 word Filippus genoem as die heerser van Iturea en Tragonitis, toe Johannes die Doper met sy optrede in die omgewing van die Jordaan begin het.


Matteus 14:3 en Markus 6:17 noem dat Filippus met Herodias getroud was, maar dat Filippus se halfbroer Herodes Antipas, Herodias oortuig het om Filippus te verlaat en met hom te trou.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS