Bible Society of South Africa

Akkadies

Akkadies is ʼn Oos-Semitiese taal wat eintlik ʼn versamelterm is vir Babilonies (die taal van die Babiloniërs) en Assiries (die taal van die Assiriërs). Babilonies en Assiries is in spykerskrif geskryf wat by die Sumeriërs geleen is. Spykerskrif het as gevolg hiervan ʼn ontwikkeling ondergaan.

Sumeriese invloed

Een letter in Akkadies kon na meer as een lettergreep verwys het, soms selfs tot tien.
Daarbenewens kon baie letters ook op ʼn alternatiewe wyse geïnterpreteer word, naamlik as ʼn soort kriptogram vir ʼn hele woord eerder as net vir ʼn lettergreep. Dit is omdat Akkadiese spykerskrif steeds deur Sumeriese spykerskrif beïnvloed is. Daar was dus in Akkadiese spykerskrif baie “Sumerogramme”, spykerskrifletters wat deur middel van Sumeries na ʼn woord, in plaas van ʼn lettergreep, verwys het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS