Bible Society of South Africa

Antiogus IV

Antiogus IV Epifanes was die koning van Sirië gedurende die tweede eeu v.C. Judea het ook onder sy heerskappy geval. Hy het die tempel in Jerusalem geplunder.

Daniël 7

Volgens die visoen in Daniël 7 bereik die bose wêreldorde ʼn klimaks gedurende die regering van ʼn buitengewone slegte koning: daar word nie net in Daniël 7 na koning Antiogus IV Epifanes verwys nie, maar ook op vele ander plekke in Daniël se visioene.

Rol op die wêreldverhoog

Daniël se visioene plaas die regering van Antiogus IV Epifanes in ʼn breër historiese konteks. Sy heerskappy word gesien as die klimaks van ʼn lang reeks wêreldmagte (die Babiloniërs, die Perse, die Grieke), maar sy regering word teen ʼn internasionale agtergrond geplaas. Hy is deel van die konflik tussen die konings van Egipte en die konings van Sirië (veral in Daniël 10 – 11).

Invloed in Judea

Uiteindelik gaan dit vir Daniël oor die maatreëls wat Antiogus IV Epifanes in Judea en Samaria toegepas het. Die outeur van die boek Daniël verset hom heftig teen hierdie maatreëls; hy beskou dit as ʼn bedreiging vir die Joodse godsdiens.

Die boek Daniël voorspel egter ʼn gelukkiger tydperk. Op daardie oomblik word die Jode onderdruk, maar hulle sal binnekort beter tye ervaar. Hulle moet volhard. Vir hoe lank? “Vir ʼn tyd, tye, en ʼn halwe tyd”, sê die uitleg van die droom (Daniël 7:25, 1933/1953-vertaling). Baie presies, maar terselfdertyd ook nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS