Bible Society of South Africa

Geserkalender

Tydens opgrawings in Geser in 1908 is ʼn kalksteentablet ontdek met ʼn moontlike kalender daarop. Die tablet is omtrent 12 by 7 sentimeter groot en dateer uit die tiende eeu v.C. Die teks is in oud-Hebreeus geskryf.

Boerekalender

Op die kalksteentablet word maandelikse en tweemaandelikse periodes genoem. Elke periode bevat ʼn beroep wat met landbou verband hou, soos oes, plant, of die produksie van spesifieke gewasse soos vlas.

Kalender of iets anders?

Wetenskaplikes is verdeeld oor die vraag of die tablet ʼn kalender of iets anders is. Dit kon ook ʼn skryfoefening wees, ʼn teks wat gebruik is om belasting vir boere te hef, of die teks van ʼn gewilde (kinder)lied.

Verwante Bybelgedeeltes

JESAJA 28.24 - JESAJA 28.28

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS