Bible Society of South Africa

Eerste wegvoering na Babilonië

Die bevolking van Juda is vir die eerste keer in die sewende eeu v.C. na Babilonië weggevoer.

Koning Nebukadnesar

Sedert die sewende eeu v.C. het die Babiloniërs oor die suidelike ryk van Juda regeer.

Onder die leierskap van koning Jojakim (608-598 v.C.), en later onder die leierskap van sy seun Jojagin (598-597 v.C.), het die Judeërs in opstand probeer kom.

In 597 v.C. het Nebukadnesar, die koning van Babilonië, met sy leër teen Juda opgeruk. Hy laat Jojagin en ʼn deel van die bevolking gevange neem en na Babilonië wegvoer. Op hierdie manier het hy probeer om die begin van ʼn nuwe opstand te voorkom.

Wie is in ballingskap weggevoer?

Ons weet nie presies hoeveel Judeërs na Babilonië geneem is nie. Dit was waarskynlik etlike duisende mense. Dit is in elk geval duidelik dat dit nie die hele bevolking was wat in ballingskap weggevoer is nie. Die elite is weggevoer, terwyl die armer deel van die bevolking agtergebly het.

Volgens 2 Konings 24:14-16 is ongeveer 8 000 soldate en vakmanne en 10 000 leëroffisiere en vegters in ballingskap weggevoer. Al hierdie mense het ʼn taak gehad in of rondom die leër. Jeremia 52:28 maak egter melding van die getal 3 023.

Einde van die ballingskap?

Die eerste wegvoering is onmiddellik opgevolg met ʼn tweede wegvoering, bekend as die Babiloniese ballingskap.

Verwante Bybelgedeeltes

2 KONINGS 24.14 - 2 KONINGS 24.16

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS