Bible Society of South Africa

Godsdiens van Israel

Altaar

ʼn Altaar was ʼn stapel klippe of ʼn houttafel waarop offerandes aan die God van Israel of aan ander gode gebring is. Verskillende soorte altare word in die Bybel genoem en beskryf. Argeoloë het verskeie altare in Israel gevind.

Apodiktiese wette

In apodikties-geformuleerde wetsbepalings word sekere dinge eenvoudig verbied. ʼn Direkte verbod kan op drie maniere in die Ou Testament verwoord word:

Ark: Rol

In die Bybel speel die verbondsark ʼn belangrike godsdienstige rol.

Ark: Voorkoms

In die Bybel word die verbondsark op twee maniere beskryf: as ʼn baie spesiale en pragtige kis, of as net ʼn gewone kis.

Bloed

Bloed word in die Ou Testament in verband gebring met mense en diere se lewenskrag. Dit is waarom Israeliete verbied word om bloed, of vleis wat nog bloed bevat, te eet. Terselfdertyd speel bloed, wat die beliggaming van lewe is, ʼn belangrike rol in (reinigings)rituele.

Brandoffer

Die brandoffer was die algemeenste offer. Die term “brandoffer” dui daarop dat die hele dier verbrand is en in rook opgegaan het. Dit was ʼn offer aan God met ʼn aangename geur. Die voorskrifte vir hierdie soort offerande word aangetref in Levitikus 1.

Brandofferaltaar

Brandoffers is op ʼn brandofferaltaar aangebied. Volgens Eksodus 27 word Moses aangesê om ʼn brandofferaltaar naby die tabernakel op te rig. Later, toe die tempel in Jerusalem gebou is, is ʼn brandofferaltaar voor die tempel opgerig.

Chanoeka

Chanoeka, wat die Hebreeuse woord vir “wyding” is, is die jaarlikse viering van die wyding van die tempel. Tydens hierdie fees is die herwyding van die tempel in Jerusalem in 164 v.C. gevier. Dit staan ook bekend as die “Fees van die Ligte”.

Dag van die Here in die Ou Testament

Die “dag van die Here” is ʼn belangrike tema in die boeke van die profete. Soms verwys “die dag” na ʼn tyd wanneer God oor Israel en die ander nasies sal oordeel of, soms hierteenoor, ʼn dag wanneer Hy verlossing sal bewerk.

Dag van Versoening

Die Dag van Versoening (of

Demone

Die idee van demone in godsdienste oor die algemeen, en in die Bybel in besonder, is baie kompleks. Deesdae verwys “demoon” na ʼn bose gees, maar die term het ʼn lang ontwikkelingsproses deurloop.

Demone in die Ou Nabye Ooste

In die Ou Nabye Ooste was die geloof in demone ʼn belangrike faset van die wêreldbeeld. Geeste en demone het mense se daaglikse lewe beïnvloed.

Demone in die Ou Testament

In die Ou Testament word demoniese wesens dikwels genoem, maar hulle ware identiteit en waarvandaan hulle kom, bly onduidelik. Hulle is meesal gevaarlike, bonatuurlike wesens wat rondom afgeleë gebiede rondswerf.

Die gegote waterbak

Die gegote waterbak is ʼn groot bronstenk wat in die suidoostelike hoek van die tempelbinnehof van Salomo se tempel geleë was. Die tenk het waarskynlik ʼn simboliese funksie gehad. Dit is deur die kopersmid Hiram gemaak.

Die gesalfde in die Ou Testament

In die Ou Testament word die woord “gesalfde” of “messias” (in Hebreeus: masjiach) as ʼn titel gebruik. Die koning van Israel is veral beskou as die “gesalfde”.

Diereoffer

Daar was verskeie soorte offers: graanoffers, wynoffers en diereoffers. Daar is ʼn uitgebreide beskrywing van diereoffers in die wette van die Ou Testament.

Draak

Die Ou Testament bevat verskillende tekste oor ʼn stryd tussen God en ʼn draak tydens die skepping. Daar is ook draakagtige wesens in die Nuwe Testament.

Drome

In ou Israel het mense geglo dat drome van God af kom. God het dit gebruik om sy wil aan mense bekend te maak.

Engel

In ons huidige gebruik van die woord is ʼn “engel” ʼn hemelse wese, wat God dien en sy wil uitvoer. In die Bybel kan ʼn ontwikkeling gesien word in die beeld wat mense van engele gehad het, daarin dat daar toenemend ʼn aantal persoonlikheidseienskappe aan hulle toegeskryf word.

Fees van die weke

Die fees van die weke (fees van die oes), ook bekend as

Feesdae in die Ou Testament

Op ʼn paar plekke in die Ou Testament kan ʼn oorsig gevind word van die feesdae wat gehou moes word. ʼn Aantal van die feeste het uit die ou oeskalender voortgespruit. Ander feeste spruit voort uit die viering of herdenking van belangrike gebeure.

Feesrolle

Sedert die sesde eeu n.C. word Rut, Hooglied, Prediker, Klaagliedere en Ester beskou as die sogenaamde feesrolle — die megillot.

Gebed

Gebed is ʼn spesiale manier om met God te praat. In gebed kan mens God aanbid, Hom dank of Hom vra vir ʼn guns, maar ook kla oor dinge of jou sondes bely.

Gebede in die Psalms

Baie van die gebede in die Ou Testament word in die boek Psalms aangetref. ʼn Aantal psalms speel ʼn belangrike rol in die tempelliturgie:

Gebedsband

Jode het gebedsbande gebruik tydens gebed, ʼn tradisie wat vandag nog bestaan. Jesus het waarskynlik ook gebedsbande gebruik.

Gebedshouding

In die Ou Testament vind ons nie ʼn vasgestelde gebedsgesindheid nie, en ook nie in die Nuwe Testament nie. Mense bid byvoorbeeld:

Gebedsrigting

Daar was nie ʼn bepaalde gebedsrigting nie. Mense het hulle na die hemel, na God gerig. In Daniël 6:10 word vertel dat Daniël in die rigting van Jerusalem gebid het, maar dit was ʼn uitsondering.

Gelofte

Iemand wat ʼn gelofte afgelê het, het God gesmeek om hulp. Dit was ʼn belofte om ʼn spesiale verpligting na te kom. Mense het in verskillende omstandighede geloftes afgelê, byvoorbeeld:

Gerub

Gerubs word in die Ou Testament beskryf as hemelse wesens met vlerke. Hulle het die lyf van ʼn leeu en die kop van ʼn mens. In Esegiël is hulle wesens met vier vlerke en vier verskillende gesigte.

God

Die algemene woord vir “god” in Hebreeus is

Gode en geeste

In die Ou Nabye Ooste het elke land, stad en familiegroep hulle eie gode gehad. ʼn Onderskeid word gemaak tussen hoër gode, mindere gode en geeste.

Godsdienste in die oudheid

Die Bybel verwys dikwels na die godsdienste van ander volke, soos die Kanaänitiese, Mesopotamiese en Egiptiese godsdienste. Die godsdienste het van mekaar verskil, maar hulle het ook ʼn aantal gemeenskaplike kenmerke gedeel:

Goue bulle

“Goue bulle” in die Bybel is goue beelde in die vorm van ʼn bul. Hulle is as godsdienstige voorwerpe gebruik. Die bul was ʼn belangrike simbool van krag en vrugbaarheid in die Ou Nabye Ooste.

Halleluja

“Halleluja” is ʼn uitdrukking van lof wat hoofsaaklik uit die Psalms bekend is. Dit is die oproep van die kantor aan almal teenwoordig in die tempel om God se Naam te loof. 

Heiligheid

Heiligheid is ʼn sentrale begrip in die Bybel en in godsdiens oor die algemeen. Dit kan vanuit ʼn verskeidenheid oogpunte gedefinieer word:

Heiligheid in die Ou Testament

HeiligdomVoorwerpeIn die Ou Testament is heiligheid ʼn besondere status wat verseker dat iemand versoenbaar is met God en God se wese. Hierdie status hou dikwels verband met die liturgie (die aanbidding van God deur die gepaste rituele), maar kan ook op die morele sfeer toegepas word. God self is heilig en die bron van alle heiligheid. Maar mense, voorwerpe, plekke of tye kan ook heilig wees. Hulle word, by wyse van spreke, “opsy gesit” vir God.

Heiligheid in die Ou Testament: Heilige dae

Sekere dae of tye word in die Ou Testament as heilig beskou. Op daardie dae mag daar gewoonlik nie gewerk word nie en spesiale rituele moet uitgevoer word:

Heiligheid in die Ou Testament: Heilige mense

Verskillende groepe mense word in die Ou Testament “heilig” genoem:

Heiligheid in die Ou Testament: Heilige plekke

In die Ou Testament word verskillende plekke as heilig beskou:

Heiligheid in die Ou Testament: Heilige voorwerpe

In die Ou Testament het sommige voorwerpe ʼn heilige status op grond van hulle rol in aanbidding of godsdienstige rituele:

Heiligheid in die Ou Testament: Heiligheid van God

In die Ou Testament word God beskou as die Allerheiligste Wese wat bestaan. Hy is verhewe bo alles en is die bron van alle heiligheid. Mense is verplig om God se heiligheid te eer deur te lewe soos God van hulle verwag.

Heiligheid in die Ou Testament: Heiliging en ontheiliging

Volgens die Ou Testamentiese wette geld ʼn toestand van heiligheid of onheiligheid (nie heilig wees nie) nie vir altyd nie. Iets wat heilig is, kan soms sy heiligheid verloor (ontheilig word) en iets wat onheilig is, kan heilig gemaak word (geheilig word).

Here: JHWH

In die Bybel word die woord “Here” as God se Naam gebruik. Die woord “Here” is ʼn weergawe van die Hebreeuse “JHWH”.

Hoëpriester: Kleredrag

Die hoëpriester het spesiale gewade gedra wanneer hy sy amp vervul het. Onder hierdie klere het hy gewone priesterlike klere gedra.

Hoëpriester: Take

Die hoëpriester was in beheer van die priesters en het ʼn aantal spesifieke take gehad. In die Ou Testament het hy hoofsaaklik godsdienstige mag gehad. In die Nuwe Testament het daardie mag ook polities geword.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS