Bible Society of South Africa

Bybelboeke

1 Johannes

Die eerste brief van Johannes is die langste van die drie briewe wat aan Johannes toegeskryf word. In sekere opsigte sluit hierdie drie briewe nou aan by die die Evangelie volgens Johannes. Dit is nie bekend of die brief deur die apostel Johannes geskryf is nie. Die brief is waarskynlik aan die einde van die eerste eeu n.C. geskryf. Die brief waarsku teen vals leraars wat ontken dat Jesus ooit mens geword het nie.

1 Johannes: Outeurskap en datering

Dit is nie seker of die apostel Johannes die outeur van 1 Johannes is nie. Hierdie brief is waarskynlik geskryf rondom die jaar 100 n.C.

1 Johannes: Struktuur

Die eerste brief van Johannes is nie baie duidelik gestruktureer nie.

1 Konings: Struktuur

1 Konings bevat verhale oor die verskillende konings van Israel en Juda.

1 Korintiërs: Struktuur

Die eerste brief aan die Korintiërs is die tweede langste brief van Paulus. Die heel belangrikste onderwerp in die brief is die verdeeldheid in die gemeente.

1 Petrus: Outeurskap en datering

Die eerste brief van Petrus is waarskynlik teen die einde van die eerste eeu n.C. deur ’n volgeling van die apostel Petrus geskryf.

1 Samuel

In 1 Samuel lees ons van die profeet Samuel, koning Saul wat die eerste koning van Israel is, en die opkoms van koning Dawid. 1 en 2 Samuel vorm ʼn aaneenlopende verhaal, maar in Bybels is die verhaal oor twee boeke versprei en selfs verder in 1 en 2 Konings voortgesit.

1 Samuel: Datering

1 Samuel is deel van ʼn groot historiese werk wat die boeke van Josua, Rigters, 1 Konings en 2 Konings insluit. Hierdie boeke het te make met die geskiedenis van Israel en Juda tot omtrent 560 v.C. In sy huidige vorm dateer die boek waarskynlik uit die tydperk 550 tot 500 v.C.

1 Samuel: Struktuur

1 Samuel speel af in die oorgangsperiode tussen die tyd van die rigters en die tyd van die konings. In die oorweging van die samestelling van 1 Samuel se teks, moet ons ook 2 Samuel 1 insluit. In 1 Samuel 1 tot 2 Samuel 1 kan drie dele onderskei word:

1 Tessalonisense: Geadresseerdes

Die eerste brief aan die Tessalonisense is gerig aan die Christene in Tessalonika.

1 Tessalonisense: Struktuur

Die eerste brief aan die Tessalonisense vertoon nie ʼn baie vaste struktuur nie. Die styl is heel spontaan en min afgerond.

1 Timoteus: Beoogde lesers

Die eerste brief aan Timoteus is een van die “pastorale briewe”. Volgens die inleiding is hierdie briewe gerig aan Paulus se nabye medewerkers: Timoteus en Titus. Maar hierdie briewe het altyd ’n geslag leermeesters ná Paulus in die oog. Dit is duidelik uit die sake waaraan aandag gegee word in die briewe.

1 Timoteus: Outeurskap en datering

Die eerste brief aan Timoteus is waarskynlik nie deur Paulus self geskryf nie, maar deur een van sy volgelinge. Indien die brief nie van Paulus afkomstig is nie, is dit aan die einde van die eerste of die begin van die tweede eeu geskryf.

1 Timoteus: Struktuur

Die eerste brief aan Timoteus bevat verwysings na pastorale sorg binne die Christelike gemeenskap.

1 Timoteus: Struktuur

Die eerste brief aan Timoteus bevat verwysings na pastorale sorg binne die Christelike gemeenskap.

2 Johannes

Die tweede brief van Johannes is ’n kort briefie wat, soos 1 Johannes en 3 Johannes, aan die apostel Johannes toegeskryf word. In sekere opsigte pas hierdie drie briewe baie goed in by die Evangelie volgens Johannes.
Die brief waarsku teen vals leraars wat ontken dat Jesus ooit ’n mens was.

2 Johannes: Outeurskap en datering

Dit is nie seker of die apostel Johannes die outeur van 2 Johannes is nie. Die brief is waarskynlik omstreeks die jaar 100 n.C. geskryf.

2 Konings: Datering

1 en 2 Konings vorm deel van ʼn groot historiese werk, wat saam met die boeke Josua, Rigters, 1 Samuel en 2 Samuel te make het met die geskiedenis van Israel en Juda tot omtrent 560 v.C.

2 Konings: Struktuur

2 Konings bevat die voortsetting van die historiese weergawes omtrent die koninkryke van Israel en Juda. Dit kan hoofsaaklik in twee afdelings verdeel word:

2 Korintiërs: Struktuur

Die tweede brief aan die Korintiërs is een van die mees persoonlike briewe wat Paulus geskryf het.

2 Korintiërs: Verskeie briewe?

Dit word algemeen aanvaar dat 2 Korintiërs voorwaar deur Paulus geskryf is. Kenners is egter verdeeld oor die vraag of die teks oorspronklik een geheel was. Dit is ook moontlik dat die brief saamgestel is deur ʼn latere redaktor, wat twee, drie, vier of selfs vyf briewe wat Paulus aan die Korintiërs geskryf het, saamgevoeg het.

2 Petrus: Bronne

Daar bestaan ’n duidelike mate van ooreenstemming tussen 2 Petrus en die brief van Judas. Baie Bybelgeleerders meen dat die brief van Judas die oudste van die twee is en dat hierdie brief deur die skrywer van 2 Petrus gebruik is.

2 Samuel: Datering

1 en 2 Samuel is deel van ʼn groot historiese werk wat saam met die boeke Josua, Rigters, 1 Konings en 2 Konings te make het met die geskiedenis van Israel en Juda tot omtrent 560 v.C. In sy huidige vorm dateer die boek waarskynlik uit die tydperk 550 tot 500 v.C.

2 Samuel: Struktuur

2 Samuel 1 vorm die afsluiting van die verhale in 1 Samuel. Vanaf 2 Samuel kan drie afdelings onderskei word.

2 Tessalonisense: Outeur en datering

Die tweede brief aan die Tessalonisense is geskryf onder die naam van Paulus, maar is waarskynlik nie deur Paulus self geskryf nie. Dit is onbekend wie die brief geskryf het en wanneer dit geskryf is.

2 Tessalonisense: Struktuur

Die tweede brief aan die Tessalonisense lyk na ʼn soort verwerking van die eerste brief aan die Tessalonisense.

2 Timoteus

Die tweede brief aan Timoteus word toegeskryf aan die apostel Paulus en is gerig aan sy medewerker, Timoteus. Dit is onbekend wanneer en deur wie hierdie brief geskryf is. Die brief gee opdragte aan die leiers van die Christelike gemeenskap. Die eerste en tweede brief aan Timoteus, staan saam met die brief aan Titus bekend as die “pastorale briewe”.

2 Timoteus: Beoogde lesers

Die tweede brief aan Timoteus is een van die “pastorale briewe”. Volgens die inleiding is hierdie briewe gerig aan Paulus se nabye medewerkers: Timoteus en Titus. Maar hierdie briewe het altyd ’n geslag leermeesters ná Paulus in die oog. Dit word duidelik uit die sake waaraan aandag gegee word in die briewe.

2 Timoteus: Outeurskap en datering

Die tweede brief aan Timoteus is waarskynlik nie deur Paulus geskryf nie, maar deur een van sy volgelinge. Indien die brief nie van Paulus afkomstig is nie, is dit aan die einde van die eerste of die begin van die tweede eeu geskryf.

2 Timoteus: Struktuur

Die tweede brief aan Timoteus bevat voorskrifte vir pastorale sorg binne die Christelike gemeenskap.

3 Johannes

Die derde brief van Johannes is ’n kort brief wat, soos 1 Johannes en 2 Johannes, aan die apostel Johannes toegeskryf word. In sekere opsigte pas hierdie drie briewe baie goed in by die Evangelie volgens Johannes.

3 Johannes: Outeurskap en datering

Dit is nie seker of die apostel Johannes die outeur van 3 Johannes is nie. Die brief is waarskynlik omstreeks 100 n.C. geskryf.

Amos: Datering

Amos is een van die oudste profetiese boeke in die Bybel.

Ander briewe

Behalwe die briewe van Paulus is daar ook ander briewe in die Nuwe Testament:

Beginreëls

Paulus begin al sy briewe op ’n soortgelyke manier. Hy begin met sy eie naam, die geadresseerde(s) en die rede vir die brief. Paulus het die korrespondensiegebruike van sy dag gebruik.

Briewe

Van die 27 boeke van die Nuwe Testament is 21 aan ons oorgelewer as briewe. Briewe het oor die algemeen ’n aantal vaste kenmerke:

Bybel

Die woord “Bybel” word afgelei van die Griekse woord biblia, wat “boeke” beteken. Die Bybel bestaan natuurlik uit allerhande verskillende boeke. Terselfdertyd het die term biblia in Latyn die betekenis “die heilige boek” aangeneem. Dit het die naam vir die Bybel geword. Ons woord “Bybel” is van daardie naam biblia afgelei.

Bybel as biblioteek

Die Bybel word dikwels beskou as ʼn enkele boek — een groot geheel. Aan die een kant is dit reg, aangesien die Bybel al vir eeue as ʼn eenheid gefunksioneer het. Aan die ander kant is dit belangrik om te besef dat die Bybel oorspronklik nie net een boek was nie.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS