Bible Society of South Africa

Die Bybel 2020-vertaling: HOOFLETTERUITGAWE

Hierdie bronteksgeoriënteerde direkte vertaling streef daarna om só te vertaal asof die Bybelskrywers in hulle eie woorde van duisende jare gelede self aan die woord gestel word in vloeiende, idiomatiese Afrikaans. Geskik vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik.
Omdat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) die toepassing van die Ou Testamentiese tekste in die Nuwe Testament op Jesus as die Christus aanvaar, is daar besluit om in sodanige tekste met behulp van voetnote in die Ou en Nuwe Testament oor en weer deur middel van kruisverwysings hierna te verwys.
Na aanleiding van gesprekke tussen die BSA en ’n aantal kerke asook ’n besluit van die Kerklike Advieskomitee: Die Bybel in Afrikaans, het die BSA die betrokke kerke genooi om verteenwoordigers te benoem vir ’n werkkomitee om hom hieroor te adviseer. Die komitee se advies was dat hoofletters in Ou Testamentiese tekste wat in die 1933/1953-vertaling met hoofletters geskryf is, so behou word, asook Ou Testamentiese tekste wat deur skrywers in die Nuwe Testament op Jesus as die Christus van toepassing gemaak word. Die BSA het hierdie advies aanvaar, en die vertaling kom verder in alle opsigte ooreen met die ander uitgawes.
Die Werkkomitee het bestaan uit verteenwoordigers van die Afrikaanse Baptiste Kerk, die Afrikaanse Protestantse Kerk, die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika, die Pinkster Protestantse Kerk, die Volle Evangelie Kerk van God in Suidelike Afrika, met as waarnemers die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS