Hoe soek ek vir ’n spesifieke woord?
Internet
Stap 1: Maak seker dat jy op die tuisblad is (kliek op die “Tuis”-knoppie in die boonste regterhoek)

Stap 2: Kliek in die “Begin soektog”-veld en tik ’n woord, frase of teksverwysing in
- Jy kan jou soekresultate verfyn wanneer jy kies om net in ’n spesifieke Bybel te soek. Jy kan egter ook in Nuusartikels of Vers-’n-dag soek
Stap 3: Kliek die soekknoppie

Stap 4: Soek deur die soekresultate
Stap 5: Kies die een wat jy wil lees
In die app – Opsie 1
Stap 1: Maak seker dat jy op die tuisblad is (kliek op die “Tuis”-knoppie in die boonste linkerhoek)


Stap 2: Bo-aan die blad, kliek in die “Soek met sleutelwoord of versgedeelte”-veld en tik ’n woord, frase of teksverwysing in

Stap 3: Soek deur die resultate en kies wat jy wil lees

Stap 4: Kliek op “Alle resultate” om jou soekresultate te verfyn wanneer jy kies om net in ’n spesifieke Bybel te soek. Jy kan egter ook in Nuusartikels of Vers-’n-dag soek

In die app – Opsie 2
Stap 1: Maak die keuselys oop deur op die drie strepies in die boonste linkerhoek te kliek

Stap 2: Kies “Soek”

Stap 3: Kliek in die “Soek met sleutelwoord of versgedeelte”-veld en tik die woord, frase of teksverwysing in

Stap 4: Soek deur die resultate en kies wat jy wil lees

Stap 5: Jy kan jou soekresultate verfyn waneer jy kies om net in ’n spesifieke Bybel te soek. Jy kan egter ook in Nuusartikels of Vers-’n-dag soek
